Est. 2019

Tuiste van die Kwaggas

Laerskool Lydenburg

Kultuur

Redenaars

In Laerskool Lydenburg is ons bewus dat taal ‘n radikale deel van ons kinders se ontwikkeling vorm. Met redenaars poog ons om kinders ’n geleentheid te gee tot die ontwikkeling van hulle taal. Het jy senuwees van staal? Is jy ’n seun of meisie met ’n mening? Hou jy daarvan om jou sê te sê? Dan sal jy redenaars geniet! Almal weet dit verg hope moed om ’n toespraak voor ’n klomp mense op te sê . Redenaars is ’n fees! 

 

JUNIOR KOOR

Vir die koor van Laerskool Lydenburg is die hoofbeginsel dat liedere ‘n boodskap moet uitdra aan die mense wat daarna luister. Toegewyde koorlede, koorouers en koorpersoneel, goed gebalanseerde lied-keuses en harde werk is faktore wat bydra tot die sukses van ‘n koorjaar. 

landsdiens

Landsdiens is ‘n organisasie wat geskoei is op die volgende vier pilare: Ons liefde vir God , naaste, natuur en arbeid. Ons kom elke Woensdag by mekaar, waar ons nuwe dinge leer en lekker aktiwiteite saam doen. 

redaksie

Redaksie bestaan uit leerders vanaf Gr. 4-7 wat nie omgee vir bietjie ekstra huiswerk nie. Hulle word aangevra om nuus, in en om LSL, uit te snuffel. Hulle moet ook advertensies werf vir die koerant se inkomste. Dit is ‘n geleentheid vir leerders om erkening te kry vir wat hulle skryf en dit skerp hulle skryfvermoëns op. Leerders kry die geleentheid om vir twee jaar deel van die redaksiespan te wees. In die redaksiespan word elkeen se sê, gesê.