Est. 2019

Tuiste van die Kwaggas

Laerskool Lydenburg

Dissiplinêre Kode

Leerder-gedragskode:

Dit is ons strewe om by Laerskool Lydenburg ‘n omgewing te stel waar elke leerling gelukkig sal wees. Hier moet hy/sy geleenthede benut om in totaliteit te ontwikkel. Elke leerling se akademiese vordering bly ‘n prioriteit. Hier by die skool versterk ons waardes en normes wat elke kind by die huis as opvoeding ontvang. Ons streef daarna dat elke leerling sy positiewe menswees uitleef.

Die gedragskode word gegrond op die volgende:

 

    1. Dissipline en orde is die hoeksteen van enige suksesvolle samelewing.
    2. Dissipline moet hoogste prioriteit geniet.
    3. Implementering van sanksies geskied volgens die leerdergedragkode en met die volle samewerking en kennisname van die ouers.
    4. Die ouerhuis en skool dien dieselfde doel, nl. die opvoeding van die kind sodat hy/sy na behoorlike volwassenheid begelei kan word.
    5. Wedersydse respek en agting tussen alle partye is noodsaaklik en ‘n kultuur van verdraagsaamheid is ‘n belangrike uitganspunt.
    6. Die leerdergedragskode is onderworpe aan die Grondwet van Suid-Afrika 1996 (Wet nr 108 van 1996) en die SA skolewet van 1996 (Wet nr. 84 van 1996).
    7. Die skool poog daarna om gedissiplineerd op te tree.
    8. Die beste dissipline is selfdissipline en die samewerking van elke leerder, ouer en onderwyser word vriendelik gevra.
    9. Van elke leerder word verwag om ‘n hoë morele en etiese standaard van optrede, gedrag en taalgebruik te handhaaf.

Die Gedragskode is opgestel volgens voorskrifte in:

  1. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996
  2. Suid-Afrikaanse Skolewet van 2006
  3. Riglyne vir ‘n Gedragskode vir leerders

NIKS SAL ‘N LEERDER VRYSTEL OM AAN DIE GEDRAGSKODE EN SKOOLREËLS VAN DIE SKOOL TE NAKOM NIE.

Dissiplinêre stelsel:

 

  1.  Onderskeid word gemaak tussen 4 kategorieë-oortredings. Die gedragskode sit hierdie oortredings en besonderhede uiteen.
  2.  ‘n Punte-stelsel word geïmplementeer waarvolgens ‘n sekere aantal punte aan elke kategorie toegeken word. Vir kategorie 4-oortredings, wat uiters ernstige oortredings is, word daar 10 punte aan elke oortreding toegedeel, terwyl kategorie-1 oortredings slegs 1 punt regverdig.

Kategorie 1 (1 punt)

Hierdie kategorie is daarop gemik om goeie akademiese prestasies te lewer. Dit is ook daar om ‘n netjiese voorkoms te bevorder vir ‘n goeie selfbeeld, trots en lojaliteit teenoor die instelling en selfdissipline.

 

  1. Kleredrag en netheid nie volgens die LSL klerebeleid nie.
  2. Huiswerk afskryf by maats / boeke uitleen / huiswerk nie in dagboek geskryf / pligversuim.
  3. Laat by klas tydens wisseling of na pouses. 
  4. Eet/drink in klas / kougom kou op skoolterrein of by enige sportbyeenkomste.

Kategorie 2 (2 punte)

Hierdie is “minder ernstige” oortredings, waar die leerling se wangedrag homself en andere in die skool en die speelgrond benadeel t.o.v. ordelikheid en bedagsaamheid.

 

  1. Ongemanierdheid / aanhoudende gesels.
  2. Huiswerk nie gedoen / boeke nie by die skool nie / boeke / handboeke verloor (Handboeke en skrifte wat weg of beskadig is moet op die leerder se onkoste vervang word).
  3. Oneerlikheid / Leuens.
  4. Dagboek nie by die skool nie.

Kategorie 3 (3 punte)

Hierdie kategorie is gemik op algemene gedrag wat sinvolle onderrig kan belemmer. Dit sluit in leerlinge se algemene gedrag teenoor mede-leerlinge en personeel.

 

  1. Indoktrinasie /die negatiewe beinvloeding van maats.
  2. Viktimisasie/teistering / baklei / boelie – verbaal of fisies.
  3. Graffiti – skryf/teken op enige meubels, geboue of skooleiendom.
  4. Stokkiesdraai.
  5. Enige optrede wat skool se naam en beeld oneer aandoen en die gedragskode teenstaan tydens enige skoolbyeenkoms.
  6. Indien selfoon gedurende skooltyd sigbaar is en/of gebruik word, word die foon ook gekonfiskeer en ‘n boete van R50.00 moet betaal word om dit terug te kry.
  7. Minagtende / disrespekvolle optrede teenoor personeel / terug praat.
  8. Gekleurde en vreemde haarstyle – selfs nie om luise te beheer nie.
  9. Ontoelaatbare taalgebruik / vloek.

Kategorie 4 (10 punte)

Hierdie meer ‘ernstige’ oortredings sluit gevaarlike, immorele en ernstige antisosiale gedrag by leerlinge in.

 

  1. Verlore Dagboek
  2. Rook/teenwoordigheid van rokers/besit van sigarette.
  3. Diefstal/besit van gesteelde goedere.
  4. Ernstige aanranding/fisiese geweld.
  5. In besit van/gebruik van dwelms.
  6. Besit/inbring/gebruik van alkohol.
  7. Besit en versprei van pronografiese of onwelvoeglike material – enige media.
  8. Ernstige vandalisme/saakbeskadiging.
  9. Seksuele of onsedelike gedrag / onwelvoeglikheid.
  10. Eksamen/toetsonreëlmatighede.
  11. Rassehaat/haatspraak.
  12. Besit of gebruik van gevaarlike wapens (skerp voorwerpe, messe, naalde, ens.)
  13. Verontagsaming van dissiplinêre optrede of straf wat opgelê is / wegbly van detensie sonder verskoning.
  14. Medepligtigheid aan die pleging van enige van die bogenoemde oortredings.
  15. Bogenoemde oortredings sal tydens skooluitstappies, aktiwiteite en buite skoolure gestraf word indien die leerder in uniform is en as ambassadeur vir die skool optree.

Hanterings-prosedure

Kategorie 1, 2 en 3

Juniors

  1. Verlore dagboeke moet dadelik vervang word teen R50
  2. Personeellid skryf oortreding in dagboek / dissiplinêre joernaal
  3. Na 5 punte ontvang ouers ‘n waarskuwingsbrief vanaf Departementshoof
  4. Na 10 punte ontvang ouers ‘n detensiebrief en sms vanaf Departementshoof

Seniors

  1. Verlore dagboeke moet dadelik vervang word teen R50
  2. Personeellid skryf oortreding in dagboek / dissiplinêre joernaal
  3. Na 10 punte ontvang ouers ‘n detensiebrief en sms vanaf Departementshoof
Kategorie 4
  1. Ouers word onmiddellik telefonies in kennis gestel
  2. Onmiddellike detensie 
  3. Dissiplinêre verhoor indien nodig

 

Strafmaatreëls

Detensie
  1. Indien ‘n leerling 10 of meer punte het, ontvang die ouer/voog ‘n detensie skrywe en SMS met die daarop volgende detensiedatum en tyd.
  2. Detensie vind op Vrydaemiddae plaas, in die mediasentrum, soos vooraf gereël.
  3. Detensie duur van direk na skool tot 15:30
  4. Geen leerling sal voor die tyd verskoon word nie.
  5. Indien ‘n leerling nie die detensie kan bywoon nie, moet die ouer/voog, die skool skriftelik in kennis stel.
  6. In so ‘n geval sal die leerling die daarop volgende week se Vrydag detensie sit.
  7. Leerlinge wat sonder verskoning wegbly van die detensie se ouers word gekontak en die leerling met sy/haar ouers sal in ‘n dissiplinêre verhoor insit soos deur die Bestuur van die skool bepaal word.
  8. Op Vrydaemiddae sal die leerlinge van uitskryfwerk voorsien word.
  9. Punte val weg vanaf die datum wat die detensie toegeken is. Bv, as die detensie op 27/2 toegeken is, val oortredings voor 27/2 weg. Oortredings daarna tel weer punte op soos normaal.
d

skooldragbeleid

Somer

  • SEUNS 
    1. Kortmou kakiehemp – ingesteek
    2. GEEN T-hemde onder kakiehemde nie
    3. Kort kakiebroek
    4. Lang grys skoolkouse
    5. Formele swart skoolskoene met veters
    6. Oortrektrui (Pull-over)
    7. Amptelike sweetpakbaadjie/trui as dit koel is

     

  • DOGTERS
    1. Maroon skoolrok
    2. Slegs maroon ski-pant onder rokke – GEEN ander gekleurde broeke nie
    3. Maroon skoolsokkies
    4. Swart skoolskoene met ‘n bandjie oor die brug
    5. Geen inglip/diksool modeskoene nie
    6. Oortrektrui (Pull-over)/sweetpakbaadjie/trui
LW: Die dra van skoene in die somer is nie verpligtend vir
Gr. 1 – 6 nie, behalwe met spesiale geleenthede. Gr. 7’s is wel verplig om skoene te dra.

Winter

  • SEUNS
    1. Kort kakiebroek met kortmou kakiehemp
    2. Skooltrui
    3. Amptelike skoolsweetpak met Laerskool Lydenburg hempie
    4. Slegs swart ‘2nd skin-hemp’ mag onder ‘n volledige skoolsweetpak en Laerskool Lydenburg hemp gedra word
    5. Sporttekkies en skoolkouse of LSL sportkouse – geen ander kouse nie
    6. Effe kleur maroon serp en handskoene – GEEN musse

     

  • DOGTERS
    1. Maroon skoolrok met maroon kort kouse of dik, swart broekie kouse (nie deursigtig) en swart skoolskoene
    2. Skooltrui
    3. Amptelike skoolsweetpak met Laerskool Lydenburg hempie.
    4. Slegs swart ‘2nd skin hemp’ mag onder ‘n volledige skoolsweetpak en LSL hemp gedra word.
    5. Sporttekkies en maroon kouse of LSL sportkouse – geen ander kouse nie
    6. Effe kleur maroon serp en handskoene – GEEN musse

Sportdrag

  • SEUNS
    1. Sportdrag in skoolkleure soos deur die beleid en afrigters bepaal
    2. Skoolsweetpak
    3. Sporttekkies met veters en Laerskool Lydenburg sportkouse
    4. GEEN sneakers of plakkies
    5. Enige geborgde spandrag mag slegs op dae gedra word wanneer daar aan daardie sport deelgeneem word
    6. Tydens fisiese LO periodes word ‘n Laerskool Lydenburg hemp en swart broek gedra

     

  • DOGTERS
    1. Sportdrag in skoolkleure soos deur die beleid en afrigters bepaal
    2. Skoolsweetpak
    3. Sporttekkies met veters en Laerskool Lydenburg sportkouse
    4. GEEN sneakers, plakkies of sandale nie
    5. Enige geborgde spandrag mag slegs op dae gedra word wanneer daar aan daardie sport deelgeneem word
    6. Tydens fisiese LO periodes word ‘n Laerskool Lydenburg hemp en swart broek gedra

Prefekte

SEISOEN: SOMER
  • SEUNS
    1. Leierhemp
    2. Grys kortbroek
    3. Grys skoolkouse
    4. Swart skoolskoene

     

  • DOGTERS
    1. Leierhemp
    2. Grys rompie
    3. Kort maroon skoolkouse
    4. Swart skoolskoene
SEISOEN: WINTER
  • SEUNS
    1. Leierhemp
    2. Grys langbroek
    3. Grys skoolkouse
    4. Swart skoolskoene
    5. Maroon Leierbaadjie/trui

     

  • DOGTERS
    1. Leierhemp
    2. Grys rompie
    3. Lang swart sykouse
    4. Swart skoolskoene
    5. Maroon Leierbaadjie/trui
VRYDAE
  • SEUNS
    1. Leier T-hemp
    2. Netjiese lang, blou denim
    3. Sporttekkies en Laerskool Lydenburg kouse
    4. Skooltrui/sweetpak

     

  • DOGTERS
    1. Leierhemp
    2. Netjiese lang, blou denim
    3. Sporttekkies en Laerskool Lydenburg kouse
    4. Skooltrui/sweetpak

Juwele

  • SEUNS
    1. GEEN juwele
    2. Slegs ‘Medic Alert’ armband
    3. Indien ‘n leerder volhou om enige juwele wat nie aan die skoolreëls voldoen nie te dra, sal dit vir die res van die jaar ingeneem word

     

  • DOGTERS
    1. Slegs EEN seëlring word aan ring/middelvingertoegelaat
    2. Oorkrabbers: slegs klein silwer/goue knoppies met slegs diamante – geen ander gekleurde stene nie.
    3. Slegs klein silwer/goue ringetjies
    4. Geen oorkrabbers in oorskulp nie
    5. Geen naeltjie-, neus-, tong-, toon of enige ander ringe toegelaat nie
    6. Geen armband behalwe ‘Medic Alert’
    7. Indien ‘n leerder volhou om enige juwele wat nie aan die skoolreëls voldoen nie te dra, sal dit vir die res van die jaar ingeneem word

Hare

  • SEUNS
    1. Kort, netjies en skoon
    2. Geen kuiwe mag oor wenkbroue hang nie
    3. GEEN gel, mousse of ander haarprodukte mag gebruik word nie
    4. GEEN gekleurde hare nie
    5. GEEN patrone mag in hare gesny word nie

     

  • DOGTERS
    1. Kort hare moet skoon en netjies wees
    2. Geen verspotte haarstyle/patrone nie
    3. Hare wat aan die kraag raak moet vasgemaak word
    4. Geen kuiwe of slierte mag in die oë hang of agter ore ingedruk word nie.
    5. Geen gel, glowing, gekleurde hare of high-lights word toegelaat nie
    6. Lang hare moet netjies vasgemaak wees
    7. Slegs maroon/geel/koningsblou (soos op Laerskool Lydenburg hemp) linte/rekkies word in hare toegelaat

Grimering

  • SEUNS
    1. GEEN grimering

     

  • DOGTERS
    1. GEEN grimering (tydelik/permanent) word toegelaat nie, veral nie onderlaag, maskara, oogpotlood, gekleurde lip-ice of gloss nie

Naels

  • SEUNS
    1. Kort, netjies en skoon. Mag nie oor die vingerpunte steek nie

     

  • DOGTERS
    1. Kort, netjies en skoon. Mag nie oor die vingerpunte steek nie
    2. Geen naellak of enige ander versierings op vinger- of toonnaels nie

Vrydae

  1. Media- en Rekenaarleiers: Leierhemde, netjiese lang, blou denim en tekkies met ‘n skoolbaadjie/trui in die winter
  2. Provinsialekleure wat in die betrokke jaar verwerf is in enige sportsoort wat deur die skool aangebied word
  3. Indien die provinsialekleure slegs ‘n hemp of baadjie is word dit saam met ‘n lang, blou denim en tekkies gedra met ‘n skoolbaadjie/trui in die winter