Est. 2019

Tuiste van die Kwaggas

Laerskool Lydenburg

Geskiedenis

laerskool Lydenburg

is ‘n skool met ‘n lang geskiedenis en sy wortels lê diep in ons dorp se ontwikkeling. In 1851 stap Meester Willem Poen in sy rietdakklaskamer in – nog bekend as die Voortrekkerskool en ‘n kultuurhistoriese monument in die dorp. Gedurende 1884 word die eerste staatskool betrek in ‘n ou landbousaal. Dit is waar die huidige SPAR kompleks is. Die tweede permanente skoolgebou in Nelstraat word in 1966 ingewy. Vele skoolhoofde dra by tot die besondere skool se ontwikkeling en Mnr. Cornelus Lemmer is tans die hoof. 

 

‘n Klein begin met 15 leerders het gegroei tot 1420 leeders. Laerskool Lydenburg het ‘n ryk geskiedenis en is gevestig in onderwys. Ons skool bly egter by met die veranderende tye en gemeenskap. Van ‘n klein landbougemeenskap tot ‘n groot industriële myngemeenskap, dra Laerskool Lydenburg by tot die vinnige groei en ontwikkeling van ons dorp.

Ons bekwame personeel verseker dat die skool op hoogte is met die nuuste onderrigmetodes en moderene tegnologie. Dit verseker dat LSL ‘n skool was en altyd sal wees wat van generasie tot generasie steeds effektief funksioneer en ‘n verskil maak. 

Voorwaarts is ons leuse en ons streef altyd na uitnemendheid. Hier word kinders gekoester tussen hoë berge en waterstrome want dit is wat die hemelse Vader van ons verwag.